Welkom by Stellenbosch Voortrekkers se webblad!

Die Voortrekkers Stellenbosch is ‘n organisasie wat al meer as 80 jaar leer uit die verlede en die vaardighede, tradisies en waardes van die moderne Afrikaner oordra op ‘n avontuurlike en kreatiewe manier. Karakter en persoonlike leierskap word ontwikkel, binne die konteks van ‘n Bybelse-christelike waardestelsel in Afrikaans en as positiewe burgers van Suid Afrika!

Die Voortrekkers is ‘n kultuurbeweging wat die moderne Afrikaner, in besonder sy jeug, bemagtig om as positiewe Burgers en konsekwente Christene suksesvol te wees. Elke lid gaan sy volle potensiaal bereik deur geleenthede te gebruik om effektiewe persoonlike leierskap te ontwikkel.

Enige persoon is welkom om te kom aan sluit!